Skip to content

Griekeland waarsku Turkye oor arres van Istanboel se magtige opposisie-burgemeester

# Griekeland is bekommerd oor die politieke situasie in die buurland, Turkye, nadat Istanboel se magtige opposisie-burgemeester, Ekrem Imagoglu, in hegtenis geneem is. Regeringswoordvoerder Pavlos Marinakis sê die ondermyning van die regsorde en burgerlike vryhede kan nie geduld word nie. Hy sê Ankara sal oortuigende antwoorde moet verskaf oor enige moontlike skending van dié beginsels. Marinakis waarsku ook die gebeure kan ‘n invloed hê op die komende vergadering tussen Griekeland se eerste minister, Kyriakos Mitsotakes, en die Turkse president, Tayyip Recep Erdogan.