# Die GOOD-party sê hy is versigtig optimisties oor die jongste misdaadstatistiek wat van Januarie tot Maart 2025 ‘n sterk en gerusstellende afname in misdaad in Tshwane aandui. In vergelyking met dieselfde tydperk in 2024 is daar ‘n afname van 17,7-persent in moorde van 226 tot 186. Verkragting daal met 3,1-persent en rooftogte by nie-residensiële eiendomme daal met 28,7-persent. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê Tshwane se koalisieregering het prioriteit gegee aan die herstel van wet en orde:
GOOD-party verwelkom afname in misdaadsyfer in Tshwane [KLANK]
ENG BrettonTshwane