# Die GOOD-party sê geslagsgeweld en vrouemoord is ʼn nasionale krisis en die Wes-Kaap is nie daarvan gevrywaar nie. Tussen Januarie en Maart vanjaar is een-duisend-189 verkragtings en 411 seksuele aanrandings in die provinsie aangemeld. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê as verkragting en moord ʼn normale deel van ʼn kinderlewe in werkersklasgemeenskappe word, en as kinders vermis raak en geen noodtoestand word verklaar nie, dui dit op beleidsmislukking:
GOOD-party sê Wes-Kaap nie gevrywaar van geslagsgeweld nie [KLANK]
ENG BrettonNationalCrisis