# Die GOOD-party sê dit is kommerwekkend dat die regering van die Wes-Kaap nie sy Veiligheidsplan aan ‘n onafhanklike hersiening onderwerp het nie. Dit volg nadat nóg 18 mense dood is in 37 skietvoorvalle wat die naweek op die Kaapse Vlakte aangemeld is. Altesaam 22 sterftes is die vorige naweek aangemeld. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê dit is ook kommerwekkend dat polisiestasies in hoofsaaklik bruin woongebiede proporsioneel onderbefonds is: