# Die GOOD-party in die Wes-Kaap sê ʼn raadslid van die Tuinroete-distriksmunisipaliteit en tans EFF-parlementslid skuld die munisipaliteit 92-duisend-rand. Dit volg na ʼn oorbetaling tydens hul ampstermyn. Virgill Gericke is verkeerdelik 164-duisend-213-rand betaal as gevolg van ʼn portefeuljeverandering wat nie betyds aan die Finansiële Departement gekommunikeer is nie. Ashwill Oktober van GOOD sê ʼn dienende parlementslid kan nie voortgaan om voordeel te trek uit ʼn munisipale fout sonder om dit onmiddellik reg te stel nie:
GOOD-party sê EFF-parlementslid skuld Tuinroete-munisipaliteit R92 000 [KLANK]
ENG AshwillonEFFMember