# Die GOOD-party sê hulle het die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap en die Valke gevra om ‘n bedrieglike skema in die Wes-Kaap te sluit. Volgens die party word honderde inwoners van Worcester en Rawsonville geregistreer vir die Maatskaplike Hulpverligtingstoelaag van 370- rand per maand sonder hul medewete en sonder dat hulle enige geld ontvang. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê hulle het ‘n klag by SASSA en die Valke ingedien, met ‘n dossier van 34 beëdigde verklarings van slagoffers van dié slenter:
GOOD-party ontbloot bedrieglike maatskaplike hulptoelaeskema in die Wes-Kaap [KLANK]
ENG BrettonSASSAScheme