# Die GOOD-party in die Wes-Kaap doen ‘n beroep op die Stellenbosch-munisipaliteit om dringend aandag te gee aan infrastruktuuropgraderings in Rustenbergstraat, Idasvallei wat lank reeds uitstaande is. Dit volg na ‘n ernstige rioolstorting wat die gesondheid en veiligheid van ‘n gesin in gevaar gestel het. Marius van Stade van GOOD sê die Rustenbergstraat rioolpyp verstop gereeld as gevolg van vreemde voorwerpe wat in die stelsel gegooi word. Hy sê hoewel die munisipaliteit aangedui het dat die pyp in Julie vervang sou word, geen vordering gemaak is nie:
GOOD-party kritiseer Stellenbosch-munisipaliteit vir vertraging met herstel van infrastruktuur in Idasvallei [KLANK]
AFR MariusonUpgrades