# Die GOOD-party in die Wes-Kaap sê hy is bekommerd oor die sogenaamde misbruik van tugprosesse in die George-munisipaliteit om raadslede wat hul werk doen te teiken. Die party sê die ondersoek na raadslid Vulindlela Mrqhuli, oor beweerde regsverydeling, is op twyfelagtige redes en onvoldoende bewyse gegrond. Hy sê boonop is die ondersoek na raadslid Thembinkosi Lento ingestel weens sy pogings om seker te maak sy wyk word regverdig verteenwoordig in die begrotingsproses. GOOD vra regverdige en deursigtige prosesse wat die integriteit van die openbare amp beskerm.
GOOD-party bekommerd oor misbruik van tugprosesse om George-raadslede te teiken