# Die GOOD-party sê die DA-leier, John Steenhuisen, moet verduidelik waarom Willie Aucamp se aanstelling as minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing die land se integriteit eerder as sy party se integriteit dien. Op Steenhuisen se versoek het president Cyril Ramaphosa Woensdag minister Dion George met Aucamp vervang. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Aucamp se aanstelling plaas voogdyskap oor Suid-Afrika se omgewing in die hande van voorstanders van die teel, handel en jag van wild:
GOOD bevraagteken Willie Aucamp se aanstelling as minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing [KLANK]
ENG BrettonAucamp