Skip to content

Goewerneur van Kalifornië kritiseer ontplooiing van soldate te midde van immigrasie-betogings in LA

# Die goewerneur van Kalifornië, Gavin Newsom, sê die ontplooiing van tweeduisend lede van die National Guard in Los Angeles oor die naweek is doelbewus opruiend. Hy waarsku dat dit die spanning net sal laat toeneem. President Donald Trump het die soldate in Los Angeles ontplooi te midde van betogings teen klopjagte deur Immigration Customs Enforcement of ICE. Newsom het die immigrasie-klopjagte gekritiseer en die Trump-administrasie beskuldig dat hulle chaos saai sodat hulle ‘n verskoning kan hê om die optrede te verskerp. Die Withuis sê die klopjagte is noodsaaklik om die intog van onwettige immigrante te stop en om te keer.