Skip to content

Godongwana wag op verslag voor hy besluit oor inflasieteiken-aanpassing

# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê hy wag vir ‘n inflasieverslag vanaf die Parlement se Staande Komitee oor Finansies en die Reserwebank voor hy standpunt sal inneem oor ‘n moontlike verandering aan Suid-Afrika se inflasieteiken-raamwerk. Die komitee en die Reserwebank hersien die huidige drie- tot ses persent-teiken, wat sedert 2000 onveranderd gebly het. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, ondersteun die aanpassing na ‘n teiken van drie-persent. Godongwana sal ‘n verklaring uitreik sodra die hersieningspaneel sy verslag ingedien het.