Skip to content

Global Alliance for Sustainable Coal vra regverdige en gelyke steenkoolbefondsing

# Die Global Alliance for Sustainable Coal maan meer as 700 globale rolspelers in finansiering, belegging en regerings om steenkool regverdig en gelyk te befonds. Die wêreldwye aanvraag het in 2024 ʼn nuwe hoogtepunt van sowat  8,8-miljard ton bereik wat 1,5-persent hoër is as in 2023. FutureCoal se voorsitter, Mike Teke, sê al speel steenkool ʼn betekenisvolle rol, sluit baie beleids- en beleggingsraamwerke steenkool uit of behandel dit onregverdig. Teke sê steenkool kan nie uitgesluit word van beraadslaging oor billike energieoordrag of wêreldwye groei en ekonomiese ontwikkeling nie.