# Die werkersvakbond GIWUSA veroordeel ten sterkste die voortgesette xenofobiese veldtog, gelei deur Operasie Dudula, March and March, ActionSA, en die PA, wat toegang tot gesondheidsorg aan migrante weier. Die president van GIWUSA, Mametlwe Sebei, sê klinieke en hospitale laat inwoners in die steek en daar is ook ‘n tekort aan kritieke gesondheidsorgpersoneel. Sebei sê egter die onderliggende oorsaak van beide die gesondheidsorgkrisis en die regse veldtog wat migrante as die sondebokke uitmaak, is die verbrokkeling en verswakking van organisasies vir die werkersklas.
GIWUSA veroordeel voortgesette xenofobiese veldtog in SA