Skip to content

Gholf: Vier Suid-Afrikaners begin goed in Alfred Dunhill Links-kampioenskap

# Gholf: Die Suid-Afrikaners Louis Oosthuizen, Herman Loubser, Michael Hollick en Richard Sterne het almal ʼn goeie begin gehad by die Alfred Dunhill Links-kampioenskap in Skotland. Die vier is net twee houe agter die voorlopers, Matthew Jordan van Engeland, die Amerikaner Ryan Brehm en Darius van Driel van Nederland op nege onder baansyfer. Van hierdie vier het Sterne naaste daaraan gekom om die titel te wen toe hy in 2016 gelykop tweede was. Branden Grace het die toernooi in 2012 gewen, die enigste Suid-Afrikaner wat dit nog kon regkry.