# Gholf: Daniel van Tonder is bevestig as die eerste Suid-Afrikaanse deelnemer aan vanjaar se Nedbank-uitdaagtoernooi wat vroeg in Desember by Sun City in Noordwes plaasvind. Dit sal slegs sy tweede verskyning wees nadat hy sy buiging in 2014 gemaak het toe hy 29ste geeïndig het. Van Tonder het egter in 2021 die Suid-Afrikaanse Ope op dieselfde baan van die Gary Player-buiteklub gewen. Hy sê hy sien uit om aan die toernooi deel te neem na sy uiters suksesvolle seisoen op die Sonskyntoer.
Gholf: Van Tonder is bevestig as die eerste Suid-Afrikaner in vanjaar se Nedbank-uitdaagtoernooi