Skip to content

Gholf: Tiger Woods gaan waarskynlik Amerikaanse Ope en Amerikaanse Senior Ope misloop

# Gholf: Die hoof van die Amerikaanse Gholfvereniging, Mike Whan, sê dis hoogs onwaarskynlik dat die 15-malige major-kampioen, Tiger Woods, aan die Amerikaanse Ope en Amerikaanse Senior Ope sal deelneem. Die 50-jarige Woods word volgens berigte in Switserland behandel nadat hy van dronkbestuur aangekla is ná ʼn motorbotsing in Florida in Maart. Whan sê wat Woods tans deurgaan, is baie groter as die spel. Die Amerikaanse Ope vind in Junie op die Shinnecock Hills-gholfklub in Southampton, New York, plaas.