Skip to content

Gholf: Tien Suid-Afrikaners slaan vandag af in die Ope

# Gholf: Tien Suid-Afrikaners sal vandag afslaan in die 153ste Ope op Royal Portrush in Noord-Ierland. Onder hulle is 2010 se kampioen, Louis Oosthuizen, die land se voorste speler, Christiaan Bezuidenhout, Dean Burmester, Erik van Rooyen en Thriston Lawrence. Die verdedigende kampioen, Xander Schauffele van Amerika, slaan in die eerste twee rondes af saam met sy landgenoot JJ Spaun en die Spanjaard Jon Rahm, terwyl die wêreld- nommer-een, die Amerikaner Scottie Scheffler, saam met sy landgenoot Collin Morikawa en die Ier Shane Lowry speel.