Skip to content

Gholf: Suid-Afrikaner Thriston Lawrence neem die leisels oor in Switserland

# Gholf: Thriston Lawrence het gister briljante spel gelewer op die eerste nege putjies en die voortou geneem in die Omega Europese Meesters in Switserland. Die derde ronde het laat op die derde dag begin, en Lawrence kon slegs 12 putjies voltooi. Die Suid-Afrikaner, wat die toernooi in 2022 gewen het, het die derde ronde met ‘n lang voëltjie op die moeilike eerste putjie begin voordat hy van ‘n valhou op die tweede teruggekeer het om met vyf agtereenvolgende wenhoue vanaf die vyfde die voortou te neem. Die oorblywende ses putjies van die derde ronde word vanoggend voltooi.