Skip to content

Gholf: Suid-Afrikaner Haydn Porteous loop met een hou voor by Zambiese Ope

# Gholf: Die Suid-Afrikaner Haydn Porteous het ʼn openingsrondte van vyf-onder-baansyfer 67 behaal op die eerste dag van die Mopani Zambië Ope by die Nkana-gholfklub. Verlede jaar se Sonskyntoer se Terugkeer-speler van die Jaar is een hou voor Martin Leon van Chili. Rigardt Albertse van Suid-Afrika en Pierre Viallaneix van Frankryk het geopen met rondtes van drie-onder-baansyfer 69 en is gesamentlik derde. Die verdedigende kampioen, Samuel Simpson van Suid-Afrika, staan op drie-oor-baansyfer 75.