# Gholf: Die Suid-Afrikaanse Ope-kampioen Casey Jarvis het die naweek die beste uitslae van sy loopbaan bereik toe hy gesamentlike sesde geëindig het in die Ope-kampioenskap by Royal Birkdale Hy is nou in die 63ste plek op die amptelike gholf wêreldranglys. Jarvis, wat gekwalifiseer het danksy sy oorwinning in die SA Ope in Stellenbosch vroeër vanjaar, het ‘n laaste rondte van 66 gespeel om as die voorste Suid-Afrikaner op ses onder baansyfer te eindig, vier houe agter die kampioen Ryan Fox van Nieu-Seeland.
Gholf: Suid-Afrikaner Casey Jarvis nou 63ste op gholf wêreldranglys