Skip to content

Gholf: Sterk Suid-Afrikaanse spanne gekies vir 2025 Wêreld-amateurspankampioenskap

# Gholf: Twee sterk spanne is gekies om Suid-Afrika in Oktober by die Wêreld-amateurkampioenskap in Singapoer te verteenwoordig. Megan Streicher, Bobbi Brown en die nuweling Kyra van Kan sal probeer om die vroue se Espirito Santo-trofee te wen waarmee Suid-Afrika in 2006 weggestap het. Die land se voorste amateur, Christiaan Maas, sal die derde keer meeding vir die mans se Eisenhower-trofee. Die nuwelinge Dan Bennett en Charl Barnard sluit ook by hom aan. GolfRSA se uitvoerende hoof, Grant Hepburn, het die diepte van talent in die nasionale spanne geprys.