# Gholf: Die Sonskyn-toer en Fortress Real Estate Investments het die prysgeld aansienlik verhoog vir die Fortress-uitnodigingstoernooi wat in Oktober op die Glendower-gholfklub in Gauteng aangebied word. Dis tot 2,5-miljoen-rand aangepas, wat ʼn volle miljoen-rand meer is as toe die toernooi in 2022 die eerste keer aangebied is. Die jaareind-bonus vir die Fortress-“Beginner van die Jaar”-toekenning is verdubbel en vanjaar se wenner stap weg met 400-duisend-rand.
Gholf: Sonskyntoer verhoog prysgeld vir Fortress-uitnodigingstoernooi na R2,5-miljoen