Skip to content

Gholf: Scheffler domineer en loop vier houe voor by die Britse Ope

# Gholf: Scottie Scheffler het Saterdag nader aan sy eerste Britse Ope titel beweeg en ’n voorsprong van vier houe opgebou voor vandag se laaste ronde by Royal Portrush. Die wêreld nommer-een het ‘n gemaklike derde ronde van vier-onder baansyfer, 67 aangeteken, en is nou 14 onder baansyfer vir die toernooi. Scheffler het nou ‘n vierde major-titel in sy visier en is op die derde been van ‘n moontlike Grand Slam loopbaanoorwinning. Hy sal die eerste wêreld nommer-een wees wat die Britse Ope wen sedert Tiger Woods sy derde titel in 2006 ingepalm het.