# Gholf: Die naaswenner van verlede jaar se Amerikaanse Meesterstoernooi, Justin Rose, glo hy kan steeds wen op 45. Die Engelsman, wat in Johannesburg gebore is, se enigste groot titel was die Amerikaanse Ope in 2013 en die goue medalje op 2016 se Olimpiese Spele in Rio, maar hy het sedertdien tweede geëindig in drie verskillende Meesterstoernooie. Rose het sy 13de PGA-toertitel in Februarie op Torrey Pines verower en is vol vertroue hy het die vermoë om vanjaar se Meesters te wen wat môre op Augusta in Georgië begin.
Gholf: Rose glo steeds hy kan die Amerikaanse Meesterstoernooi wen