# Gholf: Die wêreld-nommer-twee, Rory McIlroy, het Justin Rose van Engeland in ʼn uitspeelronde geklop om die Meesters op Augusta in Georgia te wen en sy loopbaan-Grand Slam te behaal. Die Noord-Ierse speler het ʼn voëltjie op die eerste putjie van die uitspeelronde aangeteken om sy vyfde Major op te raap en slegs die sesde gholfspeler te word wat met ʼn loopbaan-Grand Slam kan spog. Die verdedigende kampioen, Scottie Scheffler van Amerika, was vierde. McIlroy sê hy is geëerd en trots:
Gholf: Rory McIlroy wen die Meesters en spog uiteindelik met ’n loopbaan-Grand Slam [KLANK]
ENG McIlroyOnWinning