Skip to content

Gholf: Potgieter, Bezuidenhout gaan deelneem aan Nedbank-uitdaagtoernooi

# Gholf: Suid-Afrika se gholf-sensasie Aldrich Potgieter keer terug na Sun City vir die Nedbank-toernooi van 4 tot 7 Desember nadat hy dit verlede jaar met sy eerste probeerslag byna gewen het. Saam met hom is Christiaan Bezuidenhout, wat al verskeie toernooie op die DP World-toer gewen het. Die 20-jarige Potgieter is die jongste Suid-Afrikaanse wenner in die geskiedenis van die PGA-toer na sy oorwinning in die Rocket Classic in Junie. Hy is tans die Suid-Afrikaner met die hoogste plasing op die wêreldranglys, net buite die top-50.