# Gholf: Die Suid-Afrikaner, Michael Hollick lei die Sonksyntoer FNB Eswatini-uitdaging nadat hy gister ‘n uitstekende tweede ronde 64 voltooi het, wat sy totaal aan die begin van die laaste dag op 12 onder baansyfer te staan bring. Hollick se landgenoot Pieter Moolman en Allen John van Duitsland is gelykop in die tweede plek met 11 onder. Nog ‘n Suid-Afrikaner, Jake Redman, is in die derde plek met ‘n ronde van 63 en ‘n telling van 10 onder – net twee houe agter Hollick.