Gholf: Die Amerikaanse Meesterskampioen Bubba Watson het sy naam gevoeg by een van die sterkste deelnemersvelde in die geskiedenis van die Mauritius-ope. Hy maak sy buiging in die toernooi van 10 tot 13 Desember op Mont Choisy Le Golf. Die Meesters-kampioen van 2012 en 2014 was ook voorheen die wêreld-nommer-twee-speler, en het sy deelname aan die tiende weergawe van die toernooi bevestig. Dit word gesamentlik aangebied deur die Sonskyn-toer en die DP World-toer. Watson sien daarna uit om Mauritius die eerste keer te sien.
Gholf: Meesterskampioen Bubba Watson maak buiging op Mauritius-ope