Skip to content

Gholf: McIlroy se stilswye was deel van sy strategie in laaste ronde van Meesters

# Gholf: Rory McIlroy se stilswye was deel van sy strategie in Sondag se laaste ronde van die Meesterstoernooi op Augusta in Georgia. Die plaaslike speler Bryson DeChambeau kon nie verstaan waarom die Noord-Ierse speler die hele dag gladnie met hom gepraat het nie. McIlroy het Justin Rose van Engeland op die eerste uitspeelputjie geklop en sy loopbaan-Grand Slam verower. Sy sportsielkundige, Bob Rotella, sê hulle wou nie aandag aan enigiemand anders gee nie, maar uitsluitlik op McIlroy se spel fokus – en dit het vrugte afgewerp.