# Gholf: Europa se kaptein, Luke Donald, het die major-kampioene Shane Lowry en Jon Rahm gekies as deel van sy ses kapteinskeuses vir die komende Ryderbeker-kompetisie. Die ander spelers is Sepp Straka, Viktor Hovland, Ludvig Aberg en Matt Fitzpatrick. Hulle sluit aan by die spelers wat regstreeks gekwalifiseer het tydens verlede maand se Britse Meesterstoernooi. Europa sal sy titel verdedig op Bethpage in New York van 26 tot 28 September, waar hulle hoop op ‘n oorwinning op Amerikaanse bodem vir die eerste keer sedert 2012.
Gholf: Lowry, Rahm, Straka, Hovland, Aberg en Fitzpatrick ingesluit in Europa se Ryderbekerspan