Skip to content

Gholf: JJ Spaun loop voor na eerste ronde terwyl McIlroy en Scheffler sukkel by Amerikaanse Ope

# Gholf: Die Amerikaner JJ Spaun het vier voëltjies aangeteken vir sy telling van vier onder 66 en loop na die eerste dag met een hou voor in die Amerikaanse Ope by die Oakmont-buiteklub in Pennsilvanië. Die 34-jarige speler se naaste teenstander is Thriston Lawrence van Suid-Afrika wat een hou agter hom is nadat hy ses voëltjies behaal het in ʼn ronde van 67. Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler, Meesters-kampioen Rory McIlroy en die verdedigende kampioen, Bryson DeChambeau, kon nie op die eerste dag op dreef kom nie.