# Gholf: Gerhard Pepler het ‘n stewige voorsprong van drie houe in die Sonskyntoer se Pro-Am-toernooi by die Irene-buiteklub in Gauteng opgebou. Die 26-jarige Suid-Afrikaner het ‘n foutlose nege onder baansyfer 63 in die openingsronde aangeteken. Pepler skryf sy ontspanne ingesteldheid toe aan sy onlangse verhuising na Ballito. Hy is gemaklik voor sy naaste teenstanders Tyrone Ryan, Christiaan Burke en Jack Davidson wat saam tweede is op ses onder baansyfer.
Gholf: Gerhard Pepler bou stewige voorsprong op in Sonskyntoer se Pro Am-toernooi