# Gholf: Span Europa het oorheers by Bethpage Black in New York en Saterdag se Viertal- en Vierbal-sessies gewen om met ‘n geskiedkudige voorsprong van 11,5 teenoor Amerika se 4,5 te open. Die voorsprong van sewe punte is die grootste ooit op die laaste dag van die enkelspelkompetisie in die moderne formaat. Rory McIlroy, Tommy Fleetwood en Jon Rahm het die Europese aanval teen ‘n sukkelende Amerikaanse span gelei. Die wêreld se nommer-een Scottie Scheffler, is steeds sonder ‘n oorwinning. Europa benodig vandag net drie punte om die trofee op te eis.