Skip to content

Gholf: Eerste vrouekaptein van Royal and Ancient neem leisels in September oor

# Gholf: Die eerste vrouekaptein in die eeue-oue geskiedenis van die Royal & Ancient‑klub in St Andrews, Skotland, neem in September die leisels oor. Claire Dowling sal vir ‘n termyn van een jaar dien nadat voormalige kapteins haar benoem het. Sy was een van die eerste vroue om by die klub aan te sluit toe lidmaatskap 12-jaar gelede vir vroue oopgestel is nadat slegs mans vir 260-jaar toegelaat is. Dowling het op die reëlingskomitee en die algemene komitee gedien nadat sy vroeër vir Groot‑Brittanje en Ierland gespeel het.