Skip to content

Gholf: Tweemalige Meesterskampioen Langer verwag ‘n emosionele afskeid van Augusta

# Die tweemalige kampioen, Bernhard Langer van Duitsland, verwag ‘n emosionele afskeid wanneer hy hierdie naweek die laaste keer aan die Amerikaanse Meesterstoernooi deelneem. Die 67-jarige het die gesogte Groen Baadjie in 1985 en 1993 gewen en sal die 41ste keer in die beroemde toernooi op Augusta in Georgia speel. Hy beskryf sy twee oorwinnings, sy enigste groot titels, as die belangrikste van sy loopbaan. Langer sê hoewel dit sy laaste Meesters sal wees, beplan hy om nog ‘n geruime tyd mededingend te speel.