Skip to content

Gholf: Drie Suid-Afrikaners kwalifiseer vir Amerikaanse Meesters

# Gholf: Drie Suid-Afrikaners is onder die 91 spelers wat gekwalifiseer het vir vanjaar se prestigeryke Amerikaanse Meesterstoernooi wat Donderdag op Augusta in Georgië begin. Suid-Afrika se hoop rus op 2011 se kampioen, die 41-jarige Charl Schwartzel, wat ‘n gesoute veteraan met noodsaaklike ervaring van die baan is. Saam met hom is die 22-jarige nuweling en opkomende ster Casey Jarvis, wat sy plek verseker het toe hy die Suid-Afrikaanse Ope gewen het. Aldrich Potgieter, wat deur die PGA-toer gekwalifiseer het, rond die groep af.