# Gholf: Die Suid-Afrikaner Dean Burmester is vasbeslote om die volgende plaaslike wenner van die Nedbank-uitdaagtoernooi op Sun City in Noordwes te word. Die viervoudige DP World-toerwenner het sy deelname bevestig aan die toernooi wat van 3 tot 6 Desember plaasvind. Branden Grace was in 2017 die laaste Suid-Afrikaner wat die trofee omhoog gehou het. Burmester se beste uitslag in die toernooi was ‘n gedeelde 11de plek in 2018. Hy sê ‘n oorwinning voor sy tuisskare sal ‘n besondere prestasie wees.
Gholf: Burmester mik na ’n tuisoorwinning op die Nedbank-uitdaagtoernooi