# Gholf: Die Italianer Andrea Pavan hoop om mettertyd terug te keer nadat hy in Februarie veelvuldige beserings opgedoen het in ‘n fratsongeluk in Suid-Afrika. Hy was in Stellenbosch om aan die Suid-Afrikaanse Ope deel te neem, en het die dag voor die toernooi drie verdiepings ver in ‘n hysbakskag afgeval. Die 36-jarige het groot operasies ondergaan en moes weke lank in die land bly voordat hy kon terugkeer na sy huis in Texas, Amerika. Pavan sê dit kan nog maande duur, maar glo hy sal ten volle herstel.
Gholf: Beseerde Pavan hoop om eendag terug te keer na fratsongeluk in Stellenbosch