# Gholf: Die Amerikaner Tiger Woods was een van die eerstes om die Noord-Ierse speler Rory McIlroy te verwelkom in die eksklusiewe klub van spelers wat ‘n loopbaan-Grand Slam van major-titels beklink het. Die 35-jarige-McIlroy het dit gister vermag toe hy die Meesters gewen het. Die vier ander lede is die Suid-Afrikaner Gary Player en die Amerikaners Jack Nicklaus, Ben Hogan en Gene Sarazen. Player sê McIlroy het die standaard vir sy era gestel, terwyl Nicklaus sê hy verwag om voortaan nog baie goeie spel van McIlroy te sien.
Gholf: Ander lede verwelkom McIlroy tot eksklusiewe major-klub