Skip to content

Gholf: Albertse wen die Sunbet Challenge by Sun Sibaya in ‘n uitspeelwedstryd

# Gholf: Louis Albertse het gister ‘n dramatiese oorwinnning behaal in sy derde Sonskyntoer toe hy Pieter Moolman in ‘n uitspeelwedstryd geklop het in die Sunbet Challenge wat deur Sun Sibaya by die Umhlali-buiteklub aangebied is. Dit was met die aanvang van die laaste ronde duidelik daar wag ‘n spannende einde, met Albertse en Moolman deel van ‘n groep van vyf wat gelykop voorgeloop het. Albei spelers het afgesluit met rondes van 66, 11 onder baansyfer, maar dit was Albertse wat die titel met ‘n voëltjie op die tweede uitspeelputjie gewen het. Hy is nou agtste op die Sonskyntoer se Orde van Verdienste-puntelys.