# Gholf: Agt Suid-Afrikaners slaan vandag af in die 154ste Britse Ope op Royal Birkdale in Engeland. Hulle is Hennie du Plessis, Casey Jarvis, Jayden Schaper, Michael Hollick, Shaun Norris, MJ Daffue, Jack Buchanan, en Aldrich Potgieter, wat die beseerde Louis Oosthuizen se plek in die toernooi oorneem. Dit is die elfde keer dat hierdie major op die baan in Merseyside gespeel word. Scottie Scheffler van Amerika het verlede jaar die toernooi op Royal Portrush in Noord-Ierland gewen.
Gholf: Agt Suid-Afrikaners slaan vandag af op Royal Birkdale