Skip to content

Gholf: Agathe Laisne van Frankryk wen Johannesburgse Vroue Ope op vyfde uitspeelputjie

# Gholf: Agathe Laisne van Frankryk het ʼn dramatiese vyfputjie-uitspeelronde teen die Australiër Kirsten Rudgeley gewen en die Johannesburgse Vroue Ope by die Randpark-gholfklub opgeraap. Die twee was na 72 putjies saam met die Suid-Afrikaner, Casandra Alexander, gelyk op 19-onder baansyfer, en moes na die 18de putjie terugkeer vir ʼn uitspeelronde. Alexander was die gunsteling, maar is op die eerste putjie uitgeskakel. Laisne het met ʼn voëltjie op die laaste uitspeelputjie gewen en haar tweede Vroue Europese Toer van die seisoen gebuit.