Skip to content

Gholf: Adrian Meronk verslaan Suid-Afrikaner Casey Jarvis om die Alfred Dunhill Links-kampioenskap te wen

# Gholf: Adrian Meronk van Pole was vier houe agter, maar het die Suid-Afrikaner, Casey Jarvis, verbygesteek en die Alfred Dunhill Links-kampioenskap in Skotland gewen. Die 33-jarige speler het op vier onder 68 klaargemaak om sy vyfde DP World-toertitel te buit en gereed te wees vir die volgende seisoen. Jarvis, met ʼn laaste rondte van 72, is gelykop tweede saam met die Deen, Niklas Nørgaard. Die wêreld-nommer 979, Michael Stewart van Skotland, is op 16-onder in die vierde plek saam met Tommy Fleetwood van Engeland. Verlede jaar se kampioen, die Skot Robert MacIntyre, is sesde.