# Gholf: Ludvig Åberg van Switserland en die Fransman Tom Vaillant het agt-onder 64 aangehou vir ‘n gesamentlike voorsprong van een hou na ‘n reën-ontwrigte aanvangsronde van die PGA-kampioenskap op Wentworth in Engeland. Die Suid-Afrikaner Casey Jarvis met sewe onder, is een hou agter in die derde plek. Matt Fitzpatrick van Engeland is twee agter en die Noorweër Viktor Hovland, Shane Lowry van Ierland en Justin Rose van Engeland drie houe agter. Rory McIlroy van Noord-Ierland is vyf houe agter na ʼn aanvangsronde van 69.
Gholf: Åberg en Vaillant loop saam voor in BMW-kampioenskap en Jarvis van SA is derde