Skip to content

Ghislaine Maxwell ontken dat Trump of Clinton betrokke was by Epstein se misdade

# Die Amerikaanse Departement van Justisie het transkripsies en klankopnames van sy Julie-onderhoud met Ghislaine Maxwell vrygestel. Sy dien tronkstraf van 20 jaar uit omdat sy die oorlede finansier Jeffrey Epstein gehelp het om jong meisies te misbruik. Maxwell sê sy het Trump nog nooit in enige onvanpaste omstandighede gesien nie, en oudpresident Bill Clinton was nooit ‘n kliënt van Epstein se masseuses nie. Die onderhoude is gevoer deur die Departement van Justisie se prokureur, Todd Blanche, wat voorheen Trump se persoonlike prokureur was. Daar is toenemend druk deur Trump se Republikeine vir meer deursigtigheid rondom die ondersoek na Epstein.