Skip to content

Gevegte in Sri Lankaanse gevangenis eis 25 lewens, beseer meer as 100

# Vyf-en-twintig mense, insluitend vier tronkbewaarders, is dood en meer as 100 mense beseer in die ergste geweld in ‘n Sri Lankaanse gevangenis in langer as vyf jaar. Die plaaslike polisie sê die gewondes is gehaas na die Negombo-hospitaal, noord van die hoofstad, Colombo. Die geweld het ontstaan ná gevegte tussen twee dwelmbendes. Daar is byna tien-duisend gevangenes in die tronk. Polisiekommando’s is ontbied maar nie binne die gevangenis ontplooi nie.