# Die kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgale, sê die lykskouing van die gevangene Quinton Fortuin toon dat hy dood is weens veelvuldige beserings deur ‘n stomp voorwerp. Fortuin het op 16 Februarie ‘n korrektiewe beampte, Lwandile Manise, by die Goodwood Korrektiewe Sentrum in Kaapstad sonder uitlokking aangeval. Thobakgale sê bykomende beamptes het in reaksie op die aanval ingegryp en geweld gebruik om die oortreder in bedwang te bring. Fortuin is met beserings na die Karl Bremer-hospitaal geneem waar hy dood verklaar is:
Gevangene Quinton Fortuin sterf weens veelvuldige beserings deur stomp voorwerp [KLANK]
ENG MakgothionQuintonFortuin