# Getuie C sê die sakeman Vusimusi “Cat” Matlala beweer hy het die adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, tot ‘n miljoen-rand in kontant betaal ná elke polisie-tenderbetaling. Hy het aan die Madlanga-kommissie gesê volgens Matlala het Sibiya slegs kontant aanvaar, wat hy persoonlik by sy huis of ‘n ander eiendom in Sandton, Johannesburg, afgelewer het. Getuie C sê Matlala het geglo die betalings verseker sy beskerming en het hom gehelp om winsgewende polisiekontrakte te bekom, insluitend ‘n gesondheidsdiens-tetender van 360-miljoen-rand:
Getuie sê Matlala beweer hy het gereelde kontantbetalings van tot R1-miljoen aan Sibiya gedoen [KLANK]
ENG WitnessCOnPayments
