# Getuie “I” het voor die Madlanga-kommissie getuig hy het bykans twee-jaar op ‘n eiendom van die omstrede sakeman Vusimusi “Cat” Matlala gewoon omdat sy lewe in gevaar was ná ‘n aanval op sy huis in Mamelodi in 2023. Kaptein Faleni Zungu van die polisie het hom aangeraai om te verhuis. Die getuie het eers later uitgevind die eiendom behoort aan Matlala en sê hulle het geen regstreekse kontak gehad nie:
Getuie “I” getuig hy het om veiligheidsredes onwetend op Matlala se eiendom gebly [KLANK]
ENG-WitnessIOnMatlala-Seniors