# Parlement se portefeuljekomitee oor Gesondheid het die Tussentydse Raad vir Tradisionele Gesondheidspraktisyns gekritiseer omdat die Wet op Tradisionele Gesondheidspraktisyns byna twee dekades ná sy goedkeuring steeds nie volledig toegepas word nie. Voorsitter, Faith Muthambi, sê die gebrek aan regulasies, toepaslike afdwingingsmeganismes en ‘n nasionale register vir praktisyns stel gemeenskappe steeds bloot aan onveilige praktyke. Komiteelede het ook vrae gevra oor die Raad se beperkte begroting en die stadige vordering met die integrasie van tradisionele medisyne in die breër gesondheidsorghervormings, insluitend die Nasionale Gesondheidsversekering.
Gesondheidskomitee gefrustreerd oor oponthoud in regulering vir tradisionele genesers